GESONDLEEF BULLETIN
UITGAWE 2
U
it my hartSPREEKKAMER
DIE IMPLIKASIES VAN AKRIELAMIED IN VOEDSEL
WAT IS AKRIELAMIED?
In April 2002 het die Sweedse Nasionale Voedsel Administrasie en navorsers van Stockholm Universiteit hulle bevindings bekend gemaak van toksiese en potensieel kankervormende chemiese stof wat ontstaan as kos gaargemaak word teen n te hoë temperatuur.
KOSSOORTE BETROKKE
Dit kom veral by styselkosse voor, veral waar dit in olie en vette gaargemaak word teen hoë temperatuur. Aartappelrepies, slap tjips en aartappelskyfies wat te lank verhit word, se akrielamied inhoud kan tot 20 maal styg. Dit kom selde in proteïengeregte voor en is nog nie gevind in kosse wat onder 120ºC gaargemaak is nie.
Voedselsoorte wat gevaar inhou:
alle ontbyt graankosse en skyfies, asook
alle bakkery produkte
disse wat verbruin word;
proteïen-geregte soos braaivleis;
beskuit en ander gebak wat vir lang tye teen hoë temperature gedroog /gebak
word;
donker geroosterde koffie; kakao. Alle kosse wat verbruin agv te veel hitte, soos bv roosterbrood, is gevaarlik.
Ander navorsers het gevind dat rokers se bloed ook meer akrielamied bevat as dié van nie-rokers. Die rede is dat alle tabak gekarameliseer word met suikertoevoeging, voordat dit verwerk word om gerook te word.
DIE GEVARE VAN AKRIELAMIEDE
1. Senuwee-vergiftiging: Dit kan die brein se funksies versteur en die volgende aanbring: slaperigheid, verandering van emosies, geheue-aantasting, hallusinasies, tremore, epilepsie; senuwee-aantasting met spierswakheid, sensasieverlies, asook erge sweet.
2. Infertiliteit: Manlike vrugbaarheid word aangetas agv beskadiging van die testes.
3. Kanker: Dit word deur die International Agency for Research on Cancer as Groep 2A middel (waarskynlik karsinogenies vir die mens) geklassifiseer. Werkers wat in monomeer- en polimeerfabrieke blootgestel was aan akrielamied, het verdubbeling in risiko gehad om pankreaskanker op te doen. Proefdiere wat akrielamied in hulle drinkwater ingeneem het, het kanker en gewasse van die skildklier, bynier en brein ontwikkel.
WAT MOET ONS DOEN?
Voedsel moet nie vir te lang tye en teen temperatuur van hoër as 120ºC gekook word nie. Wees versigting vir mikrogolf koskook.
Lees in GESONDLEEFPLAN op bladsye 33 en 51 oor die voordele van rou voedsel. Lees op bladsy 68 van vrugte en groente wat fito-chemikalieë bevat wat verskillende kankers kan help voorkom.
Wat leer ons hieruit? Berei sover moontlik alle
geregte self voor. Dan weet jy hoeveel hitte en vette
en olies daarin is!
APTEEK
Die merkwaardige Heuningbosteeplant
Tans word die spesie, Cyclopia intermedia (ook genoem bergtee), kommersieel verbou.
Dit kom in die fynbosstreek van die Kaap voor. My voorraad kom uit die Riversdal omgewing.
Dit bevat, onder andere, die bestanddeel mangiferien, wat volgens proefdier eksperimente insuliensensitiwiteit verhoog. Dit kom ook in die bas van die mangoboom, Mangifera indica, voor.
Hieronder volg waarskynlik die eerste gedokumenteerde gevalle in Suid-Afrika waar heuningbostee vir pasiënte met suikersiekte voorgeskryf is.
Marius G, 44 jarige blanke man, het my op 3 Januarie 2003 kom spreek met urienweg klagtes. Sy vastende bloedsuiker was 16,8 mmol/l (normaal3,5-6mmol/L) en sy glukose/insulienverhouding (Quicki-indeks) 0.28 (normaal bokant 0.36), wat dui op insulienweerstandigheid. Sy gewig was 111 kg en lengte 1.79m (liggaamsmassa-indeks 34.7) wat beteken dat hy ook aan vetsug ly. Sy lipogram het so daar uitgesien: totale cholesterol 8 mmol/L (3-5.2), trigliseriedes 3.45 mmol/L (0.3-1.70), HDL chol 1.05 (0.9 - 1.6) LDL 6 (2-3.40). Sonder wysiging aan sy dieet en oefengewoontes, het hy op 7 Januarie 2003 die waterekstrak van 4 gram heuningbostee drie maal per dag begin drink. Die resultate op 30 Januarie 2003 was die volgende: gewig 109 kg; lipogram totale chol 6, trigliseriedes 1.78, HDL chol 1.05, LDL chol 4.6; Quicki-indeks 0.30. Hierna het hy ook die gesondleefplan begin volg met die volgende verbetering op 6 Maart 2003: Gewig 106kg; bloedglukose (nie-vastend) 5.6 mmol/L.Pieter B, 74 jaar, kom spreek my op 10 Maart 2003 met akute prostatitis. Sy nie-vastende bloedglukose was 9,1mmol/L. Met slegs heuningbostee ekstrak het dit gedaal na 4.9mmol/L (nie-vastend) op 25 Maart 2003.
Jan de F se klagtes op 7 Maart 2003 was dié van erge moegheid en duiseligheid. Hy is ‘n gerehabiliteerde alkoholis met skade aan die lewer en pankreas. Sy nie-vastende bloedglukose was 31.1mmol/L. Behandeling was ‘n dieet volgens die gesondleefplan, Metformien 850mg drie maal per dag en heuningbostee ekstrak. Hy was nie te vinde vir insulien inspuitings nie en onderneem om my instruksies streng te volg. Op 14 Maart 2003 was sy bloedglukose 16.4mmol/L en op 21 Maart 2003 was dit 11 mmol/L, ook nie-vastend. Op 10 April 2003 was sy nie-vastende glukose 6.9mmol/L.
Sien tabel hieronder vir die merkwaardige resultate wat behaal is met die gebruik van heuningbostee-ekstrak. (Hou "resepte" dop - die instruksie vir die maak van die ekstrak volg binnekort.)
|
MARIUS G, 44 JR |
JAN DE F |
PIETER B, 74 JR |
|
3/01/03 ¨
Urienwegklagtes ¨ Hy ly aan vetsug: (Liggaamsmassaindeks = 34.7) |
7/03/03 ¨ Erge moegheid en duiseligheid (gerehabiliteerde alkoholis, met pankreas- en lewerskade) |
10/03/03 ¨ Akute prostatitis |
|
Nie-vastende bloedglukose: 16,8mmol/L Glukose/insulienverhouding (Quicki-indeks): 0.28** (normaal bokant 0.36) Lipogram: |
Nie-vastende bloedglukose: 31.1 mmol/L |
Nie-vastende bloedglukose: 9.1mmol/L |
|
Behandelingsplan: *Heuningbostee-ekstrak van 4gm/3 maal/dag - (begin 7/1/03 - sonder wysiging aan sy dieet & oefengewoontes) = sien resultate op 30/1/03. |
Behandelingsplan: º Dieet volgens die GLP º Heuningbostee ekstrak º Metformien 850mg, 3X/dag (hy was nie te vinde vir insulien= inspuitings nie; en het onderneem om my instruksies streng te volg) |
Behandelingsplan: * Slegs heuningbostee ekstrak (hou die hofie "resepte" dop - die instruksies vir die maak van die ekstrak volg binnekort!) |
|
MARIUS G |
JAN DE F |
PIETER B |
|
Resultate op 30/1/03: Ouicki-indeks: 0.30 Volgende verbetering op 25/03/03, nadat hy na 30/01/03 begin om ook die Gesondleefplan te volg: Gewig op 25/3/03: 106kg Nie-vastende bloedglukose: 03/01/03: 16.8mmol/L |
Nie-vastende bloedglukose: 7/03/03: 31.1mmol/L |
Nie-vastende bloedglukose: 10/03/03: 9.1mmol/L *daling deur slegs heuningbostee ekstrak te gebruik |
RESTAURANT
Bevredig al jou sintuie
..en versterk sodoende die kefaliese fase van ‘n maal
Hier is die resep vir heuningbostee, wat aktiewe bestanddele bevat wat help om suikersiekte en verhoogde cholesterol te beheer en immuniteit te verbeter. Die bestanddele mangiferien, hesperitien en isosakuranetine word ekstraheer deur die tee vir een uur oor lae hitte te kook.
GENEESKRAGTIGE HEUNINGBOSTEE
METODE:
Plaas moeseliensakkie met 200 gram teemateriaal in houer met koue water. Deurweek dit deeglik en druk oortollige water uit, OF bind teemateriaal toe in moeselien doek en herhaal proses. Plaas tee in kastrol of ketel en voeg 1200 ml water by, plaas deksel op en verhit tot kookpunt. Laat stadig prut vir een uur. Dra sorg dat stoom nie ontsnap nie. Gooi tee af en druk soveel moontlik uit die sakkie. Indien 1 liter tee nie verkry is nie, plaas teesakkie weer in kastrol of ketel, voeg volume water wat kort, by en verhit tot kookpunt. Herhaal proses. Indien meer as 1 liter verkry is, laat kook en verdamp dit met deksel af tot 1 lite. Laat tee afkoel, versoet met fruktose na smaak. Bewaar in glasbottel in yskas.GEBRUIKSAANWYSINGS:
Neem 20 ml drie maal per dag voor etes>.