GESONDLEEF BULLETIN

UITGAWE 1


SPREEKKAMER


Uit my hart

Terug na Argief

Sindroom X

"Verloor tot 8 kg in nege dae ...Geen dieet en geen oefening!. Een maand se voorraad R150.00." Volblad in kleur

"XXXX verbrand jou vet blitsvinnig ...sonder dieet of oefening. Met XXXX kan jy ‘n volle kilogram verloor - elke 24 uur. Een maand se XXXX R99.50." Volblad advertensie.

Meer as ‘n miljoen Afrikaanse lesers word weekliks met hierdie "feite" in tydskrifte en Sondagkoerant adverstensies geïndoktrineer.

Só effektief is hierdie multimiljoen rand vetsug industrie met hulle propagering van passiewe verslankingsmetodes, dat miljoene mense in ons land reeds die slagoffers van sindroom X is. Want elke keer as ‘n persoon ‘n verslankingskuur aanpak sonder om sy fisiese aktiwiteitsvlak te verhoog, neig sy metabolisme om al meer insulien weerstandig te word wat lei tot permanente vetsug met diabetes, hipertensie, hipercholesterolemie en polikiesteuse ovaria sindroom by die vrou. Hierdie toestande word saam die metaboliese sindroom, die metaboliese kardiovaskulêre risiko sindroom, die insulien weerstand sindroom, Reaven se sindroom, die aterotrombogene sindroom, of sindroom X genoem. Al hierdie benamings weerspieël hoe omvangryk die skade aan jou normale metabolisme is.

En onthou, al hierdie siektes is jou voorland as jy slegs twee gewigsiklusse oor jouself gebring het. ‘n Gewigsiklus word gevorm as jy 4.5 kg, of meer, vetgewig verloor het en dit weer opgetel het.

Hierdie is ‘n wesenlike gevaar. In my bariatrie praktyk ly 75% van my pasiënte reeds aan Sindroom X. En die meeste van hulle was slagoffers van hierdie advertensies, of van soortgelyke gewigsverlies praktyke. Waarsku asseblief jou vriendin, vriend of familielid daarteen.

In my naïewe poging om dit landswyd te doen, wou ‘n sekere koerant my brief nie aanvaar nie. Ek plaas dit hier om aan te toon dat eiebelang gewoonlik maar swaarder opweeg as algemene belang.

Die Redakteur

RAPPORT

I.S.: VET-ADVERTENSIES

Ek wil aansluit by Dr Bennus de Wet (vet-advertensies ‘teisterend’) in Rapport 2 September. As vet-advertensies maar net teisterend was, dan was almal - behalwe ek en Bennus - doodgelukkig: Rapport kan elke Sondag op die hoek by die kerk wees; die adverteerder se gesig sê alles op pad bank toe, en sy/haar spieëlbeeld hou die verslanker vir ‘n ruk lank gelukkig.

Waarom het die Wêreld Gesondheid Organisasie dan ‘n spesiale Vetsug Taakmag aangestel? Waarom gaan die Britse minister van gesondheid, Tessa Jowell, spesiale Healthy Living Centers oprig om die Britte weer te leer gesond leef, en beweer sy dat haar volk se toenemende vetsug te wyte is aan onvoldoende toegang tot vars groente en vrugte ? Waarom beveel die Noorweegse Nasionale Raad vir Voeding en Fisiese Aktiwiteit aan dat sy volk elke dag vir vyftien minute moet fietsry of loop na en van werk? Omdat hulle nie van al hierdie wonderrate weet nie?

Vetsug is ‘n bewegingsgebrek siekte wat verander in Sindroom X as jy twee of drie gewigsiklusse gehad het van 4.5 kilogram gewig verloor en dit weer optel, sonder om oefeninge saam te doen. Een uit elke vier Amerikaners ly reeds hieraan. Sindroom X bestaan uit vetsug met insulien weerstand wat lei tot suikersiekte, hoë bloeddruk, hoë cholesterol, hartvatsiekte en hormoonversteurings by die vrou.

Vra die adverteerder of hy ook sal waarborg dat sy metode nie jou gewigsprobleem gaan omsit in Sindroom X nie.

Geneesheer

Pretoria

Daar is net één voorkoming teen en genesing vir Sindroom X, en dit is vitamien X, en wat gesondleefplan jou aantoon hoe om dit te bekom.

Gesondheidsgroete tot volgende keer.

Dr Louwtjie.


LEESKAMER

Wat is nuut geskryf oor gesondleef?


DIEET VIR HIPERAKTIEWE KINDERS

Faktore wat aandag/aktiwiteit beïnvloed

1. Ontbyt

Verskeie studies het aangetoon dat die ontbyt die leervermoë van die kind verbeter. Verder is aangetoon dat ‘n ontbyt wat saamgestel is met 50% kalorieë afkomstig van koolhidrate en 50% van proteïene nog meer voordelig is.

2. Kunsmatige kleur- en preserveermiddels

In 1978 het Charles Goyette en medewerkers twee proewe op kinders met hiperaktiwiteit gedoen. Die kinders het vir ‘n tydperk koekies met kunsmatige kleur en geurmiddels ontvang en daarna ander daarsonder. Die koekies sonder die byvoegsels het ‘n 34% vermindering in hiperaktiwiteit teweeg gebring. In die ander proef met ‘n jonger groep was daar ‘n 45% vermindering.

3. Salisilate

Volgens Feingold sal kinders met ‘n bepaalde genetiese voorbestemdheid hiperaktief word as hulle salisilate inneem wat natuurlik in sekere groente en vrugte voorkom.

Die Feingold Kaiser-Permanente Dieet

Twee groepe voedsel word in hierdie dieet uitgeskakel.

Groep 1 bestaan uit groente en vrugte wat salisilate bevat.

Groente: tamaties, komkommer.

Vrugte: Amandels, appels, appelkose, bessies (soos aarbeie, appeliefie, Boysenbessie, brame, framboos) kersies, korinte, druiwe en al sy produkte, kaalperske, lemoene (nie pomelo, suurlemoen en lemmetjie nie), perskes en pruime.

Groep 2 bestaan uit al die voedselsoorte wat kleur of preserveermiddels bevat. Lees die etiket sorgvuldig deur. Die preserveermiddel Butylated Hydroxy Toluene (BHT) is oor die algemeen veilig.

 


RESTAURANT

..en versterk sodoende die kefaliese fase van ‘n maal

QUINOA 'n antieke graan vir gesonde disse..


Quinoa is 'n natuurlike Amerikaanse voedsel [graan], wat vir eeue in Suid-Amerika en Meksiko verbou is. Dit het 'n lae GI van 38, is ryk in protein en essensiele aminosure e het 'n hoe veselinhoud. Dit bevat 30 komponente wat bestudeer word. Net soos rog en gort, is dit die ideale graan vir diabete. Dit kan rys in alle resepte vervang. Onder volg 'n resep vir 'n voorgereg.

Appel-quinoa resep

1/3 k quinoa
2/3 k water
¼ k rosyne
1t (5ml) kaneel
2t (10ml) fruktose
½ Granny Smith appel, gekap in klein stukkies

Spoel quinoa in koue water. Plaas in a kastrol met die water, fruktose, kaneel en rosyne. Bring tot kookpunt, bedek, prut terwyl appel voorberei word. Voeg gekapte appel by en prut tot al die vloeistof absorbeer is.


GIMTRIM

Die wonder van die wipmat

SINDROOM X MET POLIKIESTEUSE OVARIA SINDROOM

Oorgewig vroue met Sindroom X ontwikkel dikwels die polikiesteuse ovaria sindroom met verhoogde vrye testosteroon wat tot aknee en ‘n manlike haar distribusie lei. Hierdie twee dames toon duidelik ‘n verhoging van die manlike hormoon ( die laaste kolom) tydens die eerste besoek.Die normale waarde by die vrou mag hoogstens 39 eenhede wees. Hulle het geen hormoon behandeling ontvang nie, en is versoek om die wipmat oefeninge uiters getrou te volg: 12 minute elke oggend van vanaf Maandag tot Vrydag elke week. Die dieet was vir my op hierdie stadium nie so belangrik nie: ek wou kyk wat die effek van ‘vitamien X" is.Soos u kan sien, was die effek op insulien afskeiding en insulien weerstand nog afwesig. Nogtans het albei se totale en vry testosteroon aanmerklik verminder. Mev R was voorheen op hormoonbehadeling sonder sukses.Op die natuur se manier het hulle nie alleen slanker geword nie, maar ook ‘n siek metabolisme en hormoon balans herstel. En dit sonder enige medisyne onkoste.

Mev SL R 33 jr
INSULIEN

GLUKOSE/INSULIEN

SHBG
TOTALE TESTOS-TEROON

VRY TESTOS- TEROON

19/01/01 11.8 0.3 35.2 3.8 67.3

2/03/01

16.5
0.3
32
2.2
40.6
Mev P K 54 jr
29/03/01 11.8
0.44
32.7
3.3
60.8

22/04/01

10.4
0.49
33.5
1.2
21.3

APTEEK

die merkwaardige aspirien


Aspirien is lankal nie meer net ‘n middel vir pyn en koors nie. Dit is nou standaard terapie vir pasiënte na ‘n hartaanval of om verdere beroertes te voorkom.Reeds in 1987 her Dr AG Dulloo en medewerkers van die Harvard Mediese Skool, Boston, gevind dat aspirien moontlik gebruik kan word om gewig te verloor. In eksperimente op oorgewig muise het hulle gevind dat aspirien alleen geen effek het nie, maar die effek van efedrien versterk. Efedrien alleen het liggaamsvet met 50% verminder, en saam met aspirien was die verlies 75%.

Dr TJ Horton van King's College, London, het dan ook in 1991 aangetoon dat aspirien 300 mg die termogene effek van ‘n maal, aangebring deur efedrien 30 mg, by oorgewig vroue versterk.