SPREEKKAMER
GESONDLEEFPLAN: 'n Holistiese en praktiese gids vir pasiënte met vetsug, en 'n inleiding tot die studie van bariatrie vir gesinspraktisyns.
OOR DIE SKRYWER - DR DU TOIT IS SKIELIK OORLEDE OP 1 DESEMBER 2009
- 45 jaar huisarts
- 25 jaar spesiale belangstelling in bariatrie (behandeling van vetsug)
- beywer hom vir formele opleiding van geneeshere in Bariatrie nagraadse studie in farmakologie/ gedragsfarmakologie
- gewese voorsitter van die Bariatriese Geneeshere Belangegroep van SASSO
En dit is Januarie met nog 'n Desembervakansie deel van die verlede. En vir my is 'n vakansie - die skielike staking van die daaglikse pligte - mos soos 'n spieël: in stilte omraam deur tyd, betrag jy jouself, kyk na binne, doen introspeksie. Ook jou uiterlike kan jy nie verberg in die baaikostuum of skraps vakansieklere nie; vir almal is jou dun bleek beentjies en bleker bobene, boude en boepmagie daar ter inspeksie. En nou na die vakansie is die boepie en boudjies bruin maar groter. So, vriend/ vriendin, as die spieël jou beeld ook onvleiend terugkaats, welkom hier by Spreekkamer.
SINDROME X
Sindrome X is die sluimerende siekte wat jy ronddra wanneer jy oorgewig is, telkens op 'n streng dieet gaan en daarna weer vet word. Op hierdie wyse ontwikkel jy insulienweerstand wat op sy beurt een of al die siektes wat deur Sindroom X omvat word, veroorsaak. Dié siektes sluit die volgende in: erge vetsug, suikersiekte, hoë bloeddruk, hoë bloed cholesterol en polikiesteuse ovaria met hormoonafwykings by die vrou. Voorkom dit deur slegs te verslank as jy daarmee saam ook aerobiese oefeninge doen. In my bariatriepraktyk is 80% van hierdie pasiënte reeds insulienweerstanding.
Insulienweerstand word deur middel van bloedtoetse vasgestel. Die verhouding van jou vastende bloedglukose tot insulien moet 0,5 en meer wees. Laat jou huisarts gerus hierdie toetse aanvra as jy oorgewig is en herhaaldelik weer op jou ou gewig eindig.
GESONDLEEFPLAN (GLP)
Hierdie is dan 'n Bariatrie Spreekkamer. Bariatrie is afgelei van "baros", die Grieks vir "swaar". As jou lengte 1,7 meter is en jy weeg 86 kilogram, het jy 'n liggaamsmassa indeks van 30. Dit beteken dat jy nie nou meer net oorgewig is nie, maar dat jy nou aan vetsug ly. Bariatrie is dus die behandeling van die siekte, vetsug.
Waarom vetsug behandel? Dit gaan nie om die onwelkome beeld wat die spieël aan jou voorhou nie, maar om die patofisiologiese afwyking wat vetsug veroorsaak, aan te spreek. Vetsug veroorsaak naamlik dat insulien nie meer sy fisiologiese funksies kan uitvoer nie. Dit veroorsaak dan nie net suikersiekte nie, maar ook hoë bloeddruk, verhoogde cholesterol, hartsiektes en beroerte. Net so erg is verskillende kankers wat meer dikwels by die vet man en vet vrou voorkom.
'n Suksesvolle verslankingsprogram het permanente gewigsbeheer tot gevolg en behels drie komponente:
| GEBALANSEERDE DIEET | GEREELDE DAAGLIKSE AEROBIESE OEFENINGE | GEDRAGSMODIFIKASIEPROGRAM |
| Sluit soveel moontlik van al die makro- en mikronutriënte in. Intelligente spyskaartbesplanning bly steeds die sluitsteen van permanente gewigsbeheer . |
Die enigste terapeutiese medium wat die metaboliese oorsaak van vetsug aanspreek: die sine qua non van gewigsbeheer. Daarsonder is permanente gewigsbeheer onmoontlik. |
Die primum inter pares ; vir my die eerste onder hierdie drie gelykes, want met 'n slanke imago in die kontrolekamer word permanente gewigsbeheer verseker. Gedragsmodifikasie in vetsug is alleenlik suksesvol as herprogrammering van die onbewuste lei tot die skepping van 'n nuwe Imago, en as verkeerde eetgewoontes gewysig is tot 'n nuwe eetstyl. |
Die grootste waarde van GESONDLEEFPLAN (GLP) lê daarin opgesluit dat dit hierdie drie programme eenvouding, aangenaam en maklik aanbied sodat dit 'n byna spontane nuwe manier van lewe - sonder wilskrag, duur pille, inspuitings of masjiene, moontlik maak.
As lid van KLUB GESONDLEEF [lidmaatskap word bekom met die aankoop van die boek], kan u vrae aan my stel wat by u opkom nadat u GESONDLEEFPLAN (GLP) gelees het. Skryf aan my by drdutoit@gesondleef.co.za OF u kan die klublêer uitdruk, voltooi en aan my terugstuur vir 'n gratis evaluasie.
'N PROFESSOR SE MENING OOR GESONDLEEFPLAN (GLP):
"Met so baie klem op die nadele van vetsug en te min oefeninge... het ek gewonder of nog 'n boek oor die onderwerp geregverdig is. Nadat ek Dr du Toit se boek gelees het, is die antwoord ja , omrede sy holistiese benadering tot die probleem met klem op:
1. Die oorsake - kultureel, sielkundig en metabolies
2. Die hantering van die probleem - voedingsplan, oefenplan, gedragsmodifikasieplan
3. Die voordele van 'n optimale liggaamsgewig - gesondheid, lewenslus en toekomsverwagting..."
Bernard J Meyer
© Gesondleefplan...................................................................................................................