Restaurant

 

Hieronder is enkele grepe uit die boek om te sien welke aspekte van voeding en voedsel benut kan word om jou siekte fisiologies te help herstel, en hoe sekere kosse as eetlusdempers gebruik kan word. (sien ook huidige uitgawe en argief van: DIE GESONDLEEF BULLETIN)

Natuurkrag

Die natuurkrag van voedsel lê daarin dat al die voedingselemente in 'n natuurlike kossoort in die regte verhouding met mekaar is, en in die biologiese aktiewe vorm is. So is voedselvesel meer effektief as droë semels; terwyl spoorelemente soos chroom meer effektief is in sy biologiese vorm as chroom in pilvorm.

Sonkrag

In haar boek Levend voedsel praat Dr Kristine Nolfi van die helende sonkrag wat in rou kosse behoue bly. In haar roukos-sanatorium in Denemarke het sy pasiënte met verskeie siektes behandel, nadat sy ook haar eie borskanker so genees het. Vir my beteken sonkrag ook die kleur wat die son aan voedsel wat bokant die grond groei verleen. Selfs subtiele kleurveranderings dui op ander chemiese stowwe - wat fito-chemikalieë genoem word.

 

Omega-3 vetsure

Omega-3 vetsure is die voorlopers prostaglandienes wat noodsaaklik is vir behoorlike breinfunksies wat visie, leervermoë, koördinasie en die gemoed betref. Hulle help ook die bloed dun hou; beheer bloed cholesterol en trigliseriedes; bevorder immuniteit; bevorder metabolisme en beheer die waterbalans. Ons dieet bevat baie min Omega-3 vetsure en boonop is hulle baie meer gevoelig vir hitte en voedselprosessering. Die volgende roofvisse en hulle olies bevat baie Omega-3: makriel, haring, tuna en salm. Die Japanese, wat baie vis eet, het 3 maal soveel Omega-3 vetsure in hulle liggame as die gemiddelde Amerikaner. Suiwer vegetariërs het 2 maal soveel Omega-3. Die volgende neut- en saadolie bevat Omega-3 en Omega-6 vetsure: lynsaadolie, pampoenpitolie, okkerneutolie, koringkiemolie, sojaboomolie, canolaolie. Twee eetlepels lynsaad of 4 eetlepels pampoensaad voorsien jou van voldoende Omega-3 vetsure per dag.


Pampoenpitolie
bevat ook 'n plantsterool, betasitosterool. Dit bind aan dieselfde reseptore in die derm waaraan versadigde vetsure en cholesterol bind en voorkom die absorbsie daarvan. Pampoenpitte gee ook 'n gevoel van volheid wat eetlus verminder. Kou 1 eetlepel drie maal per dag voor ete.

 

Die regte voedselsoorte, reg voorberei en genuttig volgens 'n korrekte daaglikse eetplan help nie net vetsug genees nie, maar verseker permanente verslanking.


© Gesondleef.......................................................................................................