GIMTRIM
HYPOKINETIIESE SIEKTE
Dr Hans Kraus het reeds in 1961 hipokinetiese siektes beskryf. Vetsug is een daarvan.
Metaboliese gevolge
Gebrekkige oefening gee aanleiding tot biologiese ontaarding en spiervervetting. Dit is nié die 20 kilogram ekstra gewig wat jy ronddra wat jou suikersiekte of hoë bloeddruk of hartsiektes gaan gee nie, maar die spiervervetting wat daagliks stilweg vererger, wat jou siek maak en gou gaan doodmaak. Al suig of sny die dokter daardie 20 kilogram vet uit, sit jy nog steeds met jou siek lyf wat jou weer vet gaan maak. Meer as 90% van alle metabolisme vind in jou spiere plaas. Soos wat die spierweefsel vervet, verloor jy nie net spiermassa wat meebring dat jou liggaam minder kalorieë benodig nie, maar die biochemie van die oorblywende spiere verander só dat dit al minder kalorieë gebruik.
Dieet kan wel jou gewigslas verminder, maar dit kan nie jou spiermassa vermeerder of die nadelige gewysigde ensiemwerking van jou spiere herstel nie. In teendeel, as jy nie voldoende aerobiese oefeninge saam doen nie, laat 'n streng kalorie-beperkende dieet jou spiermassa verloor - 'n kwart kilogram spiermassa vir elke kilogram gewigsverlies. Daar is nou goeie bewys dat dit in elk geval beter is om eers fiks te raak met aerobiese oefeninge, voordat jy 'n kalorie beperkende dieetprogram aanpak.
Wat is aerobiese oefening?
Dit is oefeninge wat (i) teen lae intensiteit (ii) ononderbroke vir ten minste 20 minute in die geval van stap, of 12 minute se wipmatdraf, en (iii) gereeld op 'n daaglikse basis uitgevoer moet word.
Aerobiese oefeninge wat teen 'n lae intensiteit uitgevoer word, verbrand vette in plaas van bloedglukose. Dit vergroot en vermeerder die aantal mitochondria in die spierselle. (Mitochondria is energieliggaampies waarin die ensieme hulle werk verrig.) Gereelde aerobiese oefeninge herstel die spierselle se ensiemfunksies sodanig dat dit weer bloedglukose vir energie kan verbrand sodat dit nie in die vetselle gestoor word as vet nie.
Die GONS effek
Die ware towerkrag van aerobiese oefeninge lê daarin dat dit die biochemiese aktiwiteit van die selle sodanig versnel dat meer vette verbrand word as wat verwag is van die hoeveelheid oefeninge gedoen. Die rede hiervoor is die sogenaamde EPOC verskynsel ( e xcess p ost exercise o xygen c onsumption). Ek vertaal die as GONS ( g ebruik van o ormaat n a-oefening s uurstof). Hierdie "gegons" gaan na die oefening voort vir 18 - 24 uur met 'n 10% verhoging van die metaboliese spoed. Dié proses kan aangeskakel word deur soggens slegs vir 12 minute wipmatoefeninge te doen. In die harde werklikheid van die dieet-milieu beteken dit dat jy wel per geleentheid daardie biertjie of skeppie roomys sonder skuldgevoel kan geniet. WANT DEUR GONS VERBRAND DAARDIE 12 MINUTE WIPMATDRAF 2 BIERE OF 2 SKEPPIES ROOMYS - die voorwaarde is dat jy 5 dae per week oefen.
Metaboliese fiksheid
Sal dit my fiks maak vir volgende jaar se Comrades? Nee, dit maak jou nie daarvoor voldoende hart-long fiks nie. Dit maak jou metabolies fiks; jou spiere raak weer sensitief vir die werking van insulien, sodat bloedglukose kan verbrand; dit bevorder die afvoer van bloedvette sodat die spiere dit kan verbrand. Verder herstel dit weer die termogene effek van 'n maaltyd (TEM) by die vet persoon. Met ander woorde, die vet persoon se metabolisme sal ook nou outomaties verhoog as hy 'n maaltyd inneem.
AEROBIESE OEFENINGE
Die wipmat (trampolien)
Die wipmat (trampolien uit die Spaans) is in 1936 ontdek en word meestal deur studente in die liggaamsopvoeding en sekere afdelings van die weermag gebruik. Voor Wêreldoorlog II het die Amerikaanse soldate dit begin gebruik vir die ontwikkeling van balans, behendigheid, koördinasie, ritme en tydsberekening. (Ma, dit kan net tot voordeel van al jou kinders wees.) Dit het ook hulle spierkrag versterk en hulle liggaamsbou verbeter.
Ervaar die genot van BEWEGING |
"Ons spiere is bindingweefsel met moederaarde; herleiweefsel waardeur beweging haar jeugkrag in heel ons wese in pulseer. Maar boemel dom jou lewe om, en elke dag word die gestadige voortstrompel na 'n siekte-gekluisterde oudag." Dr LE du Toit
Voordele van wipmat oefeninge
- met oefening op die wipmat verbrand jy 14% meer kalorieë per tydseenheid as wanneer jyop die pad sou draf
- vir dieselfde vlakke van hartspoed en suurstof verbruik, verkry die liggaam meer biomeganiese stimulasie uit draf op 'n trampolien, as op 'n trapmeul
- 55% minder beserings aan organe, spiere en bene, en tot 70% minder beserings aan gewrigte, in vergelyking met draf op 'n harde oppervlakte
- langdurige draf op 'n harde oppervlakte verhoog S-proteïen Beta in die bloed (wat dui op breinskade), 'n reaksie wat onwaarskynlik is met wipmatdraf
- bevorder bloedsirkulasie en limfdreinasie - wat voordelig is teen selluliet; verbeter vel-elastisiteit na verslanking
- bevorder koördinasie, diepte-persepsie en balanssin
- bevorder by kind breinontwikkeling en sensoriese integrasie; voordelig by kinders met aandag tekort hiperaktiwiteit versteuring
- vroegoggend oefeninge verhoog breinensiem aktiwiteit (glutamien sintetase) wat die geheuefunksies verbeter
- verbeter longfunksies en suurstofopname by kinders met longsiektes, soos sistiese fibrose, en emfiseem by volwassenes
- kinders met sindroom X hou makliker by 'n oefenprogram as by 'n dieet; met 'n trampolien sal dit nog makliker wees
- behulpsaam om vaardighede in alle sportvaardighede te verbeter en om beserings te voorkom
- weerstandsoefeninge op die wipmat - met handgewiggies - verbeter hart-long fiksheid
- bevorder algemene gesondheid: oefeninge in die vroeë oggend verminder stres, bevorder geheue, help in die genesing en voorkoming van sindroom X; voorkom osteoporose
- bevorder fiksheid lewenslank - veilig vir alle ouderdomsgroepe
Koop nou 'n GLP wipmat en kry ook handgewigte, en u het 'n gimtrim vir die hele familie.
Oefenmetodes op die wipmat
Herhaal dit vir ten minste 5 dae per week. Na verslanking en vir permanente gewigsbeheer moet jy ten minste 3 oggende per week oefen.
- Op en af wieg en stap
Dit is vir die ouer of baie onfiks of swaksiende persoon om jou te leer balanseer. As die wipmat nie 'n stut het nie, kan jy 'n stoel met 'n hoë ruglening voor die wipmat sit en daaraan vashou. Oefen vir so 'n week en daarna kan jy dalk loshande stap en selfs begin huppelwieg.
- Huppelwieg
Wieg twee maal op die linkerbeen met arms na regs (vir balans), dan twee maal op die regterbeen met arms na links en dan twee maal op albei bene met die arms langs die sye. Dit is eintlik 'n oefendans, en die ritme daarvan maak dat dit nie vervelig is nie. Op die ritme hiervan moet jy jou bevestigings herhaal.
- Draf
Soos wat jy algaande fikser word - as jou rustende polsspoed daal - kan jy jou knieë hoër optel en vinniger draf. Swaai jou arms ook al meer. Jy kan ook nou weerstandsoefeninge begin doen.
'n Natuurlike verslankingsplan ontwikkel deur Dr LE Du Toit ...
Die volledige GLP program sluit in:
1. Die boek GESONDLEEF PLAN - laat jou verslank met gesonde verstand
2. Die gedragsmodifikasie program op CD - herprogrammeer jou onbewuste vir permanente gewigsbeheer
3.
Die GLP WIPMAT - wip jou vetjies weg en herstel jou siek metabolisme
MAAK 'N KOSBARE BELEGGING IN U GESONDHEID EN PERSOONLIKE GELUK