GEVALLESTUDIE
Nina du P, Nina du P, 27 jaar, het my op 31 Mei 2002 kom spreek oor haar gewigsprobleem. Sy het reeds verskeie diëte en inspuiting regimes deurgemaak, waarvan die gevolg verskeie gewigsiklusse was. Sy is 1.72 meter lank en het 127kg (LMI 42.9) geweeg. Sy het hoë bloeddruk gehad waarvoor sy Atenolol 50mg, Coversyl 4mg en Ridaq 25mg per dag gebruik het. Daarbenewens het sy saans Amitriptilien 25mg gebruik vir depressie en slaaploosheid. Haar bloeddruk was 140/74; vastende bloedglukose 5.1 mmol/mL en insulien 15.3 m IE/mL, wat haar insulienweerstandig gemaak het.
Sy het GESONDLEEFPLAN (GLP) getrou gevolg, en soggens die trampolienoefeninge ingesluit.
Op 19 September 2002 het sy 116kg geweeg; bloeddruk 130/80; vastende bloedglukose 5.4 en insulien 9. Sy het al haar medikasie gestaak en begin studeer vir matriek!
Nina se prestasie word in die tabel hieronder uiteengesit:
| NINA DU P. (27 jr) | 31-05-02 | 19-09-02 |
|---|---|---|
| Lengte | 1.72 m | 1.72 m |
| Gewig | 127kg (LMI 42.9) | 116kg |
| Bloeddruk | 140/74 | 130/80 |
| Vastende bloed glukose | 5.1 mmol/mL | 4.5 |
| Insulien | 15.3 μ IE/mL | 9 |
| Medikasie | vir hoe bloeddruk (per dag): Atenolol 50mg, Coversyl 4mg en Ridaq 25mg; Vir depressie en insomnia (saans) Amitriptilien 25mg |
GEEN - gestaak! Nina het GLP gevolg en op die wipmat geoefen (soggens). |
SYNDROOM X MET
POLIKIESTEUSE
OVARIESE SIEKTE
| Soria R 33 jr | INSULIN μ IU/mL | GLUKOSE/ INSULIEN | TOTALE TESTOS-TERONE nmol/L |
VRY TESTOS- TERONE pmol/L |
|---|---|---|---|---|
| 07/02/01 | 11.8 | 0.35 | 3.8 | 67.3 |
| 27/02/01 | 16.5 | 0.3 | 2.2 | 40.6 |
| Pat K 54 jr | ||||
| 29/03/01 | 11.8 | 0.44 | 3.3 | 60.8 |
| 21/04/01 | 10.4 | 0.49 | 1.2 | 21.3 |
Oorgewig vroue met Sindroom X ontwikkel dikwels die polikiesteuse ovaria sindroom met verhoogde vrye testosteroon wat tot aknee en ‘n manlike haar distribusie lei. Hierdie twee dames toon duidelik ‘n verhoging van die manlike hormoon ( die laaste kolom) tydens die eerste besoek.
Die normale waarde by die vrou mag hoogstens 39 eenhede wees. Hulle het geen hormoon behandeling ontvang nie, en is versoek om die wipmat oefeninge uiters getrou te volg: 12 minute elke oggend van vanaf Maandag tot Vrydag elke week. Die dieet was vir my op hierdie stadium nie so belangrik nie: ek wou kyk wat die effek van ‘vitamien X" is.
Soos u kan sien, was die effek op insulien afskeiding en insulien weerstand nog afwesig. Nogtans het albei se totale en vry testosteroon aanmerklik verminder. Mev R was voorheen op hormoonbehadeling sonder sukses.
Op die natuur se manier het hulle nie alleen slanker geword nie, maar ook ‘n siek metabolisme en hormoon balans herstel. En dit sonder enige medisyne onkoste.
APTEEK
HEUNINGBOSTEE AS MEDISYNE
The species, Cyclopia intermedia (also known as bergtee), is presently cultivated commercially in the fynbos area in the Eastern Cape Province. It contains, inter alia, mangiferin, which increased insulin sensitivity in animal experiments.
Hieronder volg waarskynlik die eerste gedokumenteerde gevalle in Suid-Afrika waar heuningbostee vir pasiënte met suikersiekte voorgeskryf is.
Let op na die merkwaardige resultate met die gebruik van die heuningbostee ekstrak.
(Lees die instruksies om die ekstrak te maak onder "Restaurant" in Gesondleef Bulletin Uitgawe2.)
Jan de F se klagtes op 7 Maart 2003 was dié van erge moegheid en duiseligheid. Hy is ‘n gerehabiliteerde alkoholis met skade aan die lewer en pankreas. Sy nie-vastende bloedglukose was 31.1mmol/L. Behandeling was ‘n dieet volgens die gesondleefplan, Metformien 850mg drie maal per dag en heuningbostee ekstrak. Hy was nie te vinde vir insulien inspuitings nie en onderneem om my instruksies streng te volg. Op 14 Maart 2003 was sy bloedglukose 16.4mmol/L en op 21 Maart 2003 was dit 11 mmol/L, ook nie-vastend. Op 10 April 2003 was sy nie-vastende glukose 6.9mmol/L.
Hierdie is bewys van die merkwaardige resultate wat behaal is met die gebruik van heuningbostee-ekstrak. (Lees in Gesondleef Bulletin Uitgawe 2 onder Restaurant, vir die instruksie om die ekstrak te maak.)
© Gesondleef