APTEEK
GESONDLEEFPLAN is 'n natuurlike en holistiese benadering wat gevolg word in die behandeling van vetsug en Sindroom X. Die lewer is die primêre aptytsbeheersentrum, asook die metaboliese pasaangeër. Om hierdie redes onderdruk fruktose ook aptyt, en stimuleer aminosure, soos metionien, die lewermetabolisme. Sommige vitamines hou intra-abdominale vetselle in hulle dormante staat om hulle daarvan te verhou om skadelike hormone vry te stel.
Vanuit 'n farmakologiese perspektief, is dit belangrik om te verseker dat die medisyne wat u vir ander siektetoestande gebruik, nie vetsug vererger nie. Sommitge medikasie kan selfs voordelig wees vir sowel u gewigsbeheer as hipertensie, depressie of ander siektes. Hierdie onderwerpe word bespreek in Hoofstuk 12.
© Gesondleef....................................................................................................................................................